Hero background
English Loopbane Kontak Insigte Login
DiensteInsigteKontak

Werknemersvoordele

Een van Suid-Afrika se grootste uitdagings is beslis ons gebrek aan 'n spaarkultuur. Om die moontlikheid van 'n te groot hoeveelheid mense wat aansoek doen om staatspensioen teen te werk beplan die regering die implementering van 'n Nasionale Maatskaplike Beveilingingsplan (Sunday Times 11/02/2007). Terwyl laasgenoemde nog verskeie jare gaan neem om geimplementeer te word, is die tendens beslis dat maatskappye hul eie fondse stig. 'n Pensioenfonds vir jou werknemers, wat moontlik lewens-, ongeskiktheids- en opvoedingsdekking insluit stuur die regte boodskap aan kliënte sowel as huidige en voornemende werknemers.

Dit wys aan kliente dat jou maatskappy hier is om te bly en die regte waardes het omdat jy omgee vir jou werknemers. Werknemers sal minder geneig wees om van werk tot werk rond te spring, hul sal meer gewaardeer voel en gewillig wees om die ekstra myl vir die werkgewer te loop wat 'n belang toon in hul welsyn. Dit gee ook gerustheid aan 'n werkgewer om te weet dat indien 'n werknemer sou aftree of sterf sy/haar familie versorg is.

Eben Jacobs en sy span het Sanlam gehelp om 'n baie suksesvolle fonds tot stand te bring. Hy is sedert 2011 deel van die BVFD span en met meer as 30 jaar ervaring sal hy seer sekerlik waarde voeg tot enige kliënt.

Eben Jacobs
021 914 9604
eben@bvfd.co.za
Ferdi Jacobs
021 914 9604
ferdi@bvfd.co.za