Hero background
English Loopbane Kontak Insigte Login
DiensteInsigteKontak

Boedelbeplanning

Om seker te maak jou boedel betaal die minimum boedelbelasting en dat daar genoeg kontant beskikbaar is in die boedel om begunstigdes en krediteure te betaal is baie belangrik. Met effektiewe en doeltreffende beplanning kan boedelbelasting geminimaliseer word en sal die geliefdes wat jy agterlaat goed versorg wees.

Om afskeid te neem van 'n geliefde en die boedel af te handel is 'n oorweldigende taak aangesien 'n treurende eggenoot of geliefde in die meeste gevalle aangestel word om as eksekateur van die boedel op te tree. Maak seker dat jy 'n empatieke sowel as 'n bevoegde persoon aanstel om jou boedel af te handel.

Nie een van ons weet wanneer ons tyd op aarde tot 'n einde gaan kom nie, daarom is dit beter om nie uit te stel om die regte advies in te win nie.

Kontak Francois Snyman om jou te help beplan vir die onvermydelike.

Francois Snyman
028 713 1814
francois@bvfd.co.za
Reghardt Draper
023 004 1395
reghardt@bvfd.co.za