Hero background
English Loopbane Kontak Insigte Login
DiensteInsigteKontak

Beleggings

Ons roem daarop dat ons 8 CERTIFIED FINANCIAL PLANNER® professionele persone in ons firma het. Hulle is ten volle toegerus om na 'n klient se volledige portefeule om te sien en advies te gee oor die nodige aanpassings om langtermyn en volhoubare groei van welvaart vir die klient te verseker.

Ons beleggingspan word gelei deur Guillaume Oberholzer (CV). Guillaume is 'n CFP® professionele persoon. Hy spesialiseer in beleggings, veral aandele, plaaslik sowel as buitelands. Kobus Lourens (besturende direkteur en stigter) en Marius Hugo (onafhanklike aandelemakelaar) vorm saam met Guillaume die beleggingskomitee. Gesamentlik bestuur hulle meer as R 1.3 biljoen se beleggings en verseker hulle dat al ons kliente, groot en klein, se beleggings uitstekend bestuur word.

Die fondasie van alle advies aan kliente is om nie enige snaakse dinge te probeer nie, maar om te bly by kwaliteitbeleggings wat oor die langtermyn 'n opbrengs sal lewer en sal verseker dat risiko bestuur word. Die belegingsafdeling het op die oomblik 3 personeellede wat besig is met hul CFP® opleiding. Die doel hiermee is om kontiniuteit en 'n hoë vlak van kennis in die besigheid te verseker.

Kontak gerus Guillaume indien u hulp met enige van die volgende benodig:

Guillaume Oberholzer
028 514 1102
g@bvfd.co.za
Ferdi Jacobs
021 914 9604
ferdi@bvfd.co.za
Johann Swart
028 514 1102
johanns@bvfd.co.za
Gert Kalis
021 914 9604
gert@bvfd.co.za
Susan Conradie
028 514 1102
susan@bvfd.co.za